Your Cart:
0 Items
Order Total: R0.00

0 Product
R0.00




Home BOOKSTORE Religion Kronologie van die Aarde

Customer Login






BOOKSTORE


List All Products
Download Area
BUYING BOOKS & DOWNLOADABLE PRODUCTS FROM OUR STORE
When you buy here, you support independent publishing in South Africa. For payment, delivery and postage options, click here.
SELLING BOOKS
IN OUR STORE
find_us_on_facebook_badge twitter_logo1

VisaMaster thawte-logo
Discovering FireGrief's Bounty



Bookmark and Share

Kronologie van die Aarde

978-0-620-41436-4
Price per Unit (book): R140.00


Outeur en skrywer: Theo Rabe Ph.D

Waaroor Kronologie van die Aarde gaan

Hierdie merkwaardige boek toon die belangrikheid van die Bybelse uitsprake rakende die skepping van die kosmos en in besonder van die aarde en van lewe asook die toekoms daarvan. Die skynbare verskille wat dikwels voorgehou word tussen die Bybelse en wetenskaplike uitsprake, kan enersyds toegeskryf word aan onvolledige, gebrekkige en onbewese wetenskaplike gevolgtrekkings of andersyds aan inkonsekwente en gebrekkige Skrifverklarings en -beskouings. Verskillende wetenskaplike en teologiese teorieë, hipotese en stellings word in oorweging geplaas met die Skrif in sy oorspronklike tale.

Verder word die bonatuurlike wiskundige samestelling van die Skrif in sy grondtale voorgehou as bewys vir die waarheid en betroubaarheid van sy uitsprake relatief tot die skepping van materie en lewe. Dit is ook belangrik dat daar uit die Skrif bewys word dat die kronologie van die aarde uit verskillende tydperke bestaan wat alles dui op ’n baie ou aarde en verskeie skeppingstye.

Sentraal tot hierdie verhandeling is die noodsaaklikheid dat ’n duidelike gebalanseerde uitleg van die Skrif oor hierdie sake gegee sal word, omdat daar veral deur sekere kreasioniste en fundamentalistiese Christene uitsprake gemaak word, wat die Christendom en die Kerk in die oë van diegene met ’n ander wêreldbeskouing belaglik maak. Die Christelike geloof en die wetenskap behoort nie kompeterende nie, maar komplimenterende wêreldbeskouings te wees, omdat die God wat Hom in die natuur en wetenskap kenbaar maak, dieselfde God is wat Hom in die Woord sigbaar maak.

Daar word egter ook gekyk na Bybelse stellings en uitsprake rakende die toekomstige hemel en aarde en die lewe tot in ewigheid – dinge wat volkome buite die bestek van die wetenskap val.

Wat sê ander Kundiges van die Boek?

"Hierdie merkwaardige boek kan met vrug deur kreasioniste, ateïste en agnostici gelees word, maar veral ook deur gelowiges. Die Skrif self weerlê argumente dat die Skepping betreklik jonk is, en dat dit toevallig gebeur het. Die feite is teologies en wetenskaplik deeglik nagevors. Dit is ’n boek wat die geloof versterk."

Gideon Joubert – outeur en bekroonde skrywer van Die Groot Gedagte – Abstrakte Weefsel van die Kosmos, NB-Uitgewers (Edms) Bpk, Heerengracht 40, Kaapstad.

 


"Dr. Theo Rabe se bevindings is gegrond op Bybelse waarhede asook wetenskaplike navorsing wat beide gelowiges en skeptici stof tot nadenke behoort te verskaf. Wat veral opval is die verwysing na die profetiese toekoms van die huidige en die toekomstige aarde. Die nuwe skepping, wat die historiese perspektief in ’n oorkoepelende raamwerk plaas, dui sonder enige twyfel op die genialiteit van ’n oorspronklike Skepper, God self, wat die teorieë van evolusie en ander kreatiewe filosofieë heeltemal verduister!"

Dr. André Pelser – outeur en skrywer van God’s Genius. Pelser Publications, P.O. Box 276, Milnerton


 

"Dr. Rabe lewer met hierdie verhandeling ’n besondere bydrae om God se geskrewe Woord en die Wetenskap vir die leser op verstaanbare en aanvaarbare wyse bymekaar te bring. Vele standpunte word vandag landwyd oor die onderwerp gehuldig, maar dr. Rabe bring ’n logiese en praktiese benadering wat die bestaandewaarhede van die Woord nie alleen bevestig nie, maar sonder twyfel versterk."

Pastoor Alex Roux – skrywer en outeur van The Mystery of God and His Eternal Plan and Purposes for the Ages of Ages, Word of Faith Ministry, P.O. Box 275, Calitzdorp, 6660


"Met hierdie verhandeling gee Dr. Rabe vir ons ’n opwindende blik na ’n Aarde en heelal wat was, wat is, en wat sal wees. Sy noue verbintenis tot die Skrif en dekade-lange belangstelling in die heelal in die algemeen, spreek dan ook duidelik tot die leser."

Nicholas Paul Badenhorst – kernkundige en mede outeur van Those who had the Power – South Africa: An unofficial nuclear weapons history. AVA Systems (Pty) Ltd., Kempton Park, 2006


DR. THEO RABE is vir die afgelope 43 jaar in die voltydse bediening en het verskeie groot kerkgeboue opgerig waarvan die jongste Tehillah Christelike Kerk, Kabega is. Hy was sy hele lewe ’n ywerige student van die Woord en het ’n L.Th. (B.T.K.), ’n B.Min (Cum Laude), M.Min (C.L.T), ’n Ph.D. in Sosiologie (C.O.U.) asook ’n Ph.D. Natuur-Wetenskappe (C.U.).

Sy belangstelling in die Natuur-Wetenskappe het hom laat besef dat indien ons begrip van die Woord en die Wetenskap op die waarheid gegrond is, dit nie noodwendig mekaar weerspreek nie. Vandaar hierdie insiggewende verhandeling van die Kronologie van die Aarde.


Availability

In Stock: 100

Usually ships in:

Ships in 5 days


Customer Reviews:

There are yet no reviews for this product.
Please log in to write a review.


TGE-FrontCover-Thumb-SmallThe Ground's Ear

Contemporary Verse from Southern Africa

An anthology comprised of more than a hundred perspectives in verse, from aspiring to professional and award-winning writers, from young to very old, and from a truly eclectic selection of Southern Africans. Spearheaded by QuickFox Publishing, this title is the culmination of a nationally-supported poetry competition proudly sponsored by The Distell Foundation, the National Library’s Centre For The Book, and MegaDigital.

BUY A SOFTCOVER  |  BUY A HARDCOVER  |  DONATE A COPY