Your Cart:
0 Items
Order Total: R0.00

0 Product
R0.00




Home BOOKSTORE Short stories Engele en Rowers

Customer Login






BOOKSTORE


List All Products
Download Area
BUYING BOOKS & DOWNLOADABLE PRODUCTS FROM OUR STORE
When you buy here, you support independent publishing in South Africa. For payment, delivery and postage options, click here.
SELLING BOOKS
IN OUR STORE
find_us_on_facebook_badge twitter_logo1

VisaMaster thawte-logo
In Search Of My SelfThe Making Of An Angel



Bookmark and Share

Engele en Rowers

9780620469777
Price per Unit (book): R110.00


Skrywer: Piet Schoombie

Hierdie bundel bevat 24 kortverhale en sketse oor uiteenlopende mense, plekke en situasies. Die temas is in twee afdelings ingedeel, naamlik geestelik en aards. Die titel, Engele en Rowers, verwys na hierdie twee kategorië. Daar is onder meer drie Kersverhale, twee Paasverhale en ’n Pinksterverhaal.

Die tweede afdeling se verhale behels relevante sake en probleme van die moderne samelewing. Dit strek van die see tot die binneland, van ’n begraafplaas tot ’n universiteitskampus en tot plase op die platteland. Die bundel se karakters is Bybelse figure en ander uiteenlopende rolspelers soos grafskenders, perlemoenstropers, rowers, plaasbewoners en universiteitsdosente. Al die verhale en sketse is nuut, behalwe een wat reeds voorheen in die Tydskrif vir Letterkunde gepubliseer was.

Die volgende is kort uittreksels uit ’n klompie van die verhale:

DIE HERBERG – My ma het my gemaan om nie te raas wanneer ek die diere in die stal voer en water gee nie, want die kindjie moet genoeg slaap kry sodat hy gou sterk kon word.

VREDE OP AARDE – Terwyl groot trane in sy baard afrol vorm sy lippe die woorde: "Vrede op aarde ...". Sy eerste poging tot ’n gebed in baie jare!!"

DIE KEUSE – Ek het teruggeskree: "Ek kies nie teen Rome nie, ek wil net reg en geregtigheid sien. Stop om hemelsnaam die kruisiging!"

MAN SONDER NAAM – Ek kon sy hees stem beswaarlik meer bokant die geraas van die branders hoor. Ek het sprakeloos na hom gestaar en ná lang oomblike besef dat hy in die digter wordende mis verdwyn het.

JAKOB SE FONTEIN – Hy het fier en regop en met groot selfvertroue begin om die mense van Jesus te vertel. Ek kon moeilik die ruwe visserman in hierdie formidabele prediker herken.

SODOM EN GOMORRA – Hulle het spiespunte aan lang riete vasgemaak en met groot bravade .... na die kasteel opgeklim.

ROTSGEBED – "As jy nie so convinced gelyk het nie, sou ek kon sweer jy blêrrie belieg en bedonner my," sê die rower duidelik onseker.

DIE KLIPFABRIEK – Dit was ongure en woeste weersomstandighede, ’n dag waarop die oseaan nie toegeeflik of toeganklik was nie.

DIE SELFOON – Benewens sy asemhaling was alles verskriklik stil in die donker kerkhof. Dit was asof selfs die dooies in hulle grafte asem ophou!

DIE SNELWEG – Haar handsak met haar hele lewe daarin, haar bankkaarte, ID-boekie, rybewys, alles was weg! Sy wou histeries gil en skree, maar angs het haar keel toegedruk.

SON, SEE EN SAFFIER – Ek moes my dwing om nie te begin hardloop nie! Ek het deurgaans ’n sterk gevoel gehad dat ek agtervolg word en het my nelspiere gestaal om nie kort-kort om te kyk nie.

OUPA – "Nee, nee," het die ouer stroper haastig gekeer. "Hy was al die tyd onder my oë. Hy kon nie gephone het nie."


Resensie deur Gerrit Cloete, afgetrede koerantredakteur uit die Media-24-stal

Strykdeur het die skrywer interessante en geloofwaardige karakters geskep. Sy werk word gekenmerk deur ’n gemaklike skryfstyl, goeie woordkeuse, verbeeldingrykheid en verrassende ontknopings. In sy geestelike verhale bied hy ’n vars aanslag. Die wye verskeidenheid van onderwerpe, onder meer ’n skets met perlemoenstropery as tema, en die oorspronklike inkleding daarvan behoort by ’n breë groep lesers byval te vind.


Availability

In Stock: 5

Usually ships in:

Ships in 5 days


Customer Reviews:

There are yet no reviews for this product.
Please log in to write a review.


You may also be interested in this/these product(s)

The Ear of the Hippo
The Ear of the Hippo
R125.00


TGE-FrontCover-Thumb-SmallThe Ground's Ear

Contemporary Verse from Southern Africa

An anthology comprised of more than a hundred perspectives in verse, from aspiring to professional and award-winning writers, from young to very old, and from a truly eclectic selection of Southern Africans. Spearheaded by QuickFox Publishing, this title is the culmination of a nationally-supported poetry competition proudly sponsored by The Distell Foundation, the National Library’s Centre For The Book, and MegaDigital.

BUY A SOFTCOVER  |  BUY A HARDCOVER  |  DONATE A COPY